Mercury-Atlas 7

Scott Carpenter klim in die tuig Aurora 7.
Die Mercury-Atlas 7 lansering.

Mercury-Atlas 7 was die vierde bemande ruimtevaart van die Mercury-program. Die ruimtetuig, genaamd Aurora 7, is beman deur die ruimtevaarder Scott Carpenter. Hy was die sesde persoon om in die ruimte te vlieg. Die sending het Mercury kapsule nr. 18 gebruik en is gelanseer deur 'n Atlas LV-3B, nr 107-D vuurpyl.

Capenter het drie keer om die aarde gewentel, eintlik 'n herhaling van John Glenn se Mercury-Atlas 6 vlug. As gevolg van 'n fout wat gemaak is tydens die binnedringing van die atmosfeer land hy 400 km van koers af. Dit het die optel van hom en sy tuig met sowat 'n uur vertraag. Carpenter is gedeeltelik verantwoordelik gehou vir die fout. Hy het NASA in 1964 verlaat en op die Amerikaanse Vloot se SEALAB-projek gaan werk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search